Ons is opgewonde oor jou kuier by Neos in die kuberruim. Ek glo hierdie virtuele kuier sal sommer vinnig oorgaan in 'n dringendheid om in persoon by ons te kom inloer. Mag jy sommer met die inkliekslag iets anders, iets vars, iets opreg beleef. Die ware liefde van Jesus!

Neos Gemeente is 'n plek van seën en groei. Dit is 'n Geestelike Tuiste waar jy die seën van die Here sal beleef en daagliks in jou verhouding met Hom sal groei.

As jy so deur ons webtuiste blaai sal jy agterkom dat ons letterlik 'n klein gemeente met 'n groot hart is. Ons noem dit 'n missionaal pastorale gemeente. Die gemeente funksioneer binne die ruimte van 'n fyn balans tussen pastorale sorg vir sy mense en uitreik na die fisiese en geestelike behoeftes van die gemeenskap en die wêreld.

As die inligting op hierdie paar webblaaie nie vir jou genoeg is nie nooi ek jou persoonlik uit om 'n koppie koffie saam met my by Neos te kom drink sodat ons lekker saam kan gesels. (kliek hier vir 'n koffie kuier)

Blessings vir jou!
Ralph du Toit
Hierdie week
 
Sondag 16 April, Paassondag
08:00 Erediens
Opstandingsondag. Ralph du Toit bring die boodskap met die tema: Herdenk die Passie van Christus
Kinderbediening heropen 23 April
 
Maandag: Familiedag
Dinsdag: Skole Open
08:30: Neos Dames se gebedsgroep kom bymekaar
Vrydag : 19:00 Genesis : Grondslag van die Evangelie. 'n Gratis aanbieding by Neos deur Creation Ministries
Saterdag: "It's time" Nasionale Gebedsaamtrek in Bloemfontein
 
Kalender
 
Sondag 23 April
09:00 Erediens & Sendingfokus
Ons begin met die Riemvasmaak gebedstye vir die uitreik in Julie
24 Apr: FTF Vergadering
27 Apr: Vryheidsdag
28 Apr: Skoolvakansiedag
 
Sondag 30 April
09:00 Erediens
1 Mei: Werkersdag
 
Sondag 7 Mei
09:00 Sendingsondag
18:00 Aanddiens onder leiding van die jong volwassenes
 
13 Mei: Sendingontbyt
07:30 vir 08:00 in Neos Ouditorium. Beperkte plekke is beskikbaar. RSVP by Gawie or Ria
 
Sondag 14 Mei
09:00 Engelse diens. Warren Lötter bring die boodskap.
Moedersdag
19 Mei: Neos Kuier #2 by Hannes & Delvenessa Gräbe in Eldoraigne
21 Mei: Sendingfokus
22 Mei: FTF Vergadering
25 Mei: Hemelvaartdag
25 Mei - 4 Jun: Pinkstertyd
28-30 Mei: Pinksterfees
Tema: Groei in Sy krag. Seën uit Sy oorvloed.