Wat kan jy verwag by Neos ?

Dienstye:

Elke Sondag 9:00 – 10:30. Daar word ook tee en koffie na die diens bedien.

Plek:

Neos is geleë in Bondev Park, Blok B Deus Exorno gebou in Centurion.

Fasiliteite:

– Moederskamer
– Gebedskamer
– Rolstoel Vriendelik
In die foto hiernaas is die auditorium waarin die diens gehou word.

Kinderbediening

Daar is ‘n baie passievolle span wat kinders fasiliteer tydens dienste. ‘n Bybel les en bypassende aktiwiteite word aangebied vir die kinders. Dit is werklik die kinderbediening leiers se droom om te sien hoe elke kind groei en ontwikkel in God.

Jeug en Jong Volwassenes

Die jeug en jongvolwassenes kom bymekaar in hulle onderskeie groeigroepe Sondae middae. Die groeigroepe word relevant gemaak tot die lewe van die jonger generasie in die tyd waarin ons nou lewe. Die doel is om jong mense opgewonde te maak oor die Here en hulle te versterk in hulle wandel en verstaan van God en die Woord.

Hoe kan jy betrokke raak?

Ons nooi jou uit om deel te word van ‘n groeigroep. Gaan na die Groeigroep bladsy.