Welkom by Neos

Baie welkom by Neos Gemeente se tuisblad!

Neos is ‘n gemeente wat weekliks bymekaarkom in die Zwartkop Wedvlug Duiweklub, Wierdapark, Centurion. Ons is lief vir die Here en Sy teenwoordigheid. Neos is ‘n Bybelse woord wat vars of splinternuut beteken en hou verband met hoe ons as Christene breek met ons ou sondige mens en nou die lewe van die nuwe mens lewe wat al hoe meer verander word om soos sy Skepper te lyk.

Neos is ‘n missionêre en pastorale gemeente. Dit beteken ons is ernstig daaroor om na alle mense reg oor die wêreld uit te reik met die goeie nuus van Jesus Christus. Verder beteken dit ook dat ons leraarspaar almal ken en dat ons almal mekaar ken as ‘n hegte geestelike familie wat mekaar help om geestelik te groei. As jy ons nog nooit besoek het nie, nooi ons jou uit om een Sondagoggend by ons te kom kuier!

Ralph en Benita du Toit (Leraarspaar)

Meer Komende Gebeurtenisse

  • No Upcoming Events Found